Gebak

Franse uie-pizza

  • 250 g (445 ml) koekmeel
  • 10 g-pakkie kitssuurdeeg
  • 2 ml suiker
  • 2 ml sout
  • sowat 200 ml louwarm water
  • olyfolie vir oor deeg
  • 20 ml botter
  • 20 ml olyfolie
  • 2 knoffelhuisies,fyngekap
  • 2 uie, gehalveer en in dun skywe gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 250 g roomkaas
  • 125 g crème fraîche
  • 3 tiemietakkies se blare

Verhit oond tot 260 °C. Gooi meel, suurdeeg, suiker en sout saam in mengbak. Voeg water by en maak aan tot stywe deeg. Knie op meelbestrooide oppervlak vir minstens 10 minute. Smeer ‘n bak liggies met olyfolie en plaas deeg daarin. Smeer bokant van deeg liggies met olyfolie. Maak toe met kleefplastiek en laat tot dubbel die grootte rys op ‘n warm plek. Verhit intussen die botter en olyfolie in ‘n pan. Voeg knoffel en uie by en braai oor lae hitte tot sag en deurskynend. Geur met sout en swartpeper. Laat afkoel. Knie deeg af. Rol uit op ‘n meelbestrooide oppervlak en voer ‘n gesmeerde bakplaat van 22 x 30 cm daarmee uit. Smeer roomkaas en crème fraîche bo-op. Skep uie bo-op en versprei egalig. Sprinkel tiemie oor. Bak vir 30 – 35 minute. Maak seker die deeg is gaar onder. Sit warm of teen kamertemperatuur voor.

  • VVTB24 xghzcuzrgfdh, [url=http://culmtxdcvjsr.com/]culmtxdcvjsr[/url], [link=http://fkcngprfajat.com/]fkcngprfajat[/link], http://pwvkcylktsud.com/