Gebak

Fudge-kolwyntjies

(12 kolwyntjies)

Volg aanwysing vir basiese resep se beslag. Roer fudge by. Verdeel mengsel tussen bakkies en plaas in warm oond. Bak vir 15 – 20 minute of tot goudbruin en ‘n toetspen skoon uitkom. Haal uit en laat afkoel voor jy die kolwyntjies versier. Smelt fudge en melk saam oor medium hitte tot ‘n gladde mengsel. Gebruik ‘n groot lepel en skep vanieljeversiersel op kolwyntjies. Gooi
warm fudge-sous oor en versier met ekstra stukkies fudge.