Foto's deur Micky Hoyle

Gebak

Fudgerige sjokolade-splinter-koekies

(ONGEVEER 40 KOEKIES)

Sjokoladesplinter-deeg

  • 75 g (80 ml) laevetmargarien, saggemaak
  • 1 eier
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 80 ml suikerplaasvervanger
  • 80 ml sagte bruinsuiker
  • 140 g (250 ml) meel
  • 2,5 ml koeksoda
  • 1,25 ml sout
  • 70 g (125 ml) sjokoladesplinters

Fudgerige brownie-vulsel

  • 250 ml suikerplaasvervanger
  • 105 g (190 ml) koekmeel
  • 80 ml kakaopoeier
  • 80 ml gemaalde amandels
  • 5 ml bakpoeier
  • knippie sout
  • 125 ml appelsous
  • 75 g (80 ml) laevetmargarien, saggemaak
  • 2 eiers
  • 5ml vanieljegeursel

Verhit oond tot 180 ºC. Spuit 2 x 24-gaatjie-minimuffinpannetjies met kleefwerende kossproei.
Deeg Klop margarien tot sag. Klits eiers en geursel by. Meng suikerplaasvervanger en bruinsuiker en klits in by eiermengsel. Meng meel, koeksoda en sout saam. Roer by bottermengsel in. Roer sjokolade splinters by. Skep deeg uit op ’n stuk kleefplastiek, vou toe en plaas dit in die vrieskas tot benodig.
Vulsel Meng suikerplaasvervanger, meel, kakao, neute, bakpoeier en sout. Klits appelsous, margarien, eiers en geursel saam. Meng die 2 mengsels bymekaar tot goed gemeng. Verwyder deeg uit vrieskas en plaas lepels vol van die deeg in die muffinpannetjies. Druk vas met die agterkant van ’n teelepel. (Indien die deeg vassit, druk die lepel in meel.) Skep teelepels vol van vulsel bo-op die deeg. Bak vir 14 – 16 minute tot gaar. Laat 5 minute in die pannetjie afkoel voor jy dit uithaal. Bêre in ’n lugdigte houer.

Wenk Indien verkies, kan die koekies in minikolwyntjie-papiertjies gebak word.

KOMMENTAAR
Die koekies het ’n laer GI en die vet-inhoud is aanvaarbaar indien jy nie meer as 2 koekies per dag eet nie. – Hilda Lategan