Bykos

Gebakte aartappels met soetrissie-smoor

(4 porsies)

  • 8 aartappels
  • 30 ml olyfolie
  • 2 uie, in skywe gesny
  • 15 ml bruinsuiker
  • 1 blik gekapte tamaties
  • 250 g wit sampioene, in skywe gesny
  • 4 rooi soetrissies, in dun skywe gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 5 ml gemengde droë kruie

Verhit jou oond tot 200 ºC. Sny ’n kruisie bo-op elke aartappel. Jy kan hulle eers vir 8 minute teen ’n hoë temperatuur in die mikrogolfoond gaarmaak. Plaas hulle dan in die warm oond vir so 20 minute. Die skil sal lekker bros word. Verhit die olyfolie in ’n diep pan. Voeg die uieskywe en bruinsuiker by. Braai vir so 5 minute tot die suiker gesmelt is. Voeg die tamaties, sampioene en soetrissies by. Geur met sout, swartpeper en gemengde kruie. Laat oop kook tot lekker dik. Sny die aartappels oop en skep die smoor bo-oor.