Gebakte aartappels met Thai-blare en sitroengras
Bykos

Gebakte aartappels met Thaiblare en sitroengras

(4 porsies)

•    20 groot aartappels
•    20 Thai-blare
•    150 ml olyfolie
•    sout na smaak
•    5 sitroengrasstokkies (lemon grass stalks)
•    6 knoffelhuisies
•    1 suurlemoen
•    1 rooi brandrissie (sowat 10 g), fyngekap met die sade verwyder
•    1 of 2 basiliekruidtakkies, fyngekap

Verhit jou oond tot 180 °C. Skil die aartappels en plaas in koue water. Maak ’n kepie van 2 mm breed en 2 cm diep in elke aartappel. Vou die Thai-blare lengtegewys in die helfte en druk hulle in die kepies. Sit die aartappels op ’n bakplaat wat met 90 ml van die olyfolie besprinkel is. Geur met sout. Bak vir ’n uur op die tweedelaagste oondrak. Draai hulle ’n paar keer versigtig om. Sny die sitroengras lengtegewys in die helfte en sny ’n kepie in elke knoffelhuisie. Voeg die sitroengras en die knoffel ná 45 minute by die aartappels in die oond. Rasper die geel suurlemoenskil, druk die suurlemoensap uit en voeg 15 ml daarvan, saam met die skil en die  brandrissie, by die oorblywende 60 ml olyfolie. Geur met sout. Voeg die basiliekruid by net voor jy dit wil voorsit. Verwyder die Thai-blare en gooi die gegeurde olie oor net voor jy die aartappels voorsit.