Foto's deur Donna Lewis

Foto's deur Donna Lewis

6 uur tuis, eet half 7

Gebakte aspersie en botterskorsie

(4 porsies)

 

  • 500 g botterskorsie, in kwarte gesny en pitte verwyder
  • 45 ml olyfolie
  • 45 ml botter, gesmelt
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 170 g aspersies
  • 4 wiele fetakaas
  • sap en skil van 2 suurlemoene
  • handvol vars basiliekruid
  • 8 snye tuisgebakte brood

Verhit oond tot 180 ˚C. Plaas botterskorsie in oondvaste bak. Sprinkel olyfolie, botter en knoffel oor. Geur goed met sout en swartpeper. Plaas in ‘n warm oond en bak vir 15 minute. Sit aspersies ook in bak en krummel feta oor. Gooi suurlemoensap en skil oor. Sit terug in oond en bak vir nog 15 minute. Sprinkel basiliekruidblare oor en sit warm voor met tuisgebakte brood.

Jy kan ook ‘n handvol gekapte okkerneute oorstrooi.

  • michelle

    opsie