Foto's deur Micky Hoyle

Foto's deur Micky Hoyle

5 bestanddele

Gebakte botterskorsie-en-fetakaas

(4 porsies)

  1. 1 groot, heel botterskorsie
  2. 80 ml olyfolie
  3. 2 uie, in kwarte gesny
  4. 1 heel knoffelbol, asook
    sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  5. 4 sirkels feta-kaas

Verhit oond tot 200 ºC. Halveer botterskorsie en verwyder pitte. Sny in skywe. Sprinkel helfte van olyfolie in ‘n oondbak. Pak botterskorsie saam met uie in bak. Sny kop van knoffel af en plaas ook in bak. Geur met sout en peper. Sprinkel res van olyfolie oor. Plaas in oond en bak vir 40 minute. Breek feta in stukke en plaas bo-op groente. Plaas terug in oond vir sowat 2 minute.