Foto deur Micky Hoyle

Diabeties

Gebakte broodpoeding

Resep deur Annerien Vermeulen

(10 porsies)

  • 4 lae-GI-paasbolletjies (of 6 snye rosyntjiebrood)
  • 40 ml suikervrye appelkooskonfyt
  • 50 g droë Turkse appelkose, gekap
  • 50 g 70%-donkersjokolade, in stukkies gebreek
  • 3 eiers
  • 1 eierwit
  • 550 ml vetvrye melk
  • 80 ml suikerplaasvervanger
  • fyngerasperde skil van 1 suurlemoen
  • varsgemaalde neutmuskaat
  • 20 ml suikervrye appelkoos-konfyt, ekstra
  • 30 ml gevlokte amandels, gerooster

Spuit ’n 1,25 liter-nageregbak met kleefwerende kossproei. Verhit die oond tot 170 °C. Sny die bolletjies (of rosyntjiebrood) in 1 cm-skywe en smeer elke skyf met appelkoos-konfyt. Pak in die voorbereide bak en besprinkel met appelkose en sjokoladestukkies. Hou eenkant. Klits die eiers, eierwit, melk, suikerplaasvervanger en skil saam. Gooi oor bolletjies en laat staan 5 minute sodat die vla-mengsel kan intrek.Sprinkel met neut-muskaat. Sit die bak in ’n groter oondpan en vul met kookwater tot halfpad teen die kante van die nageregbak. Bak 30 minute tot gestol. Smeer ekstra konfyt oor die nagereg sodra dit uit die oond kom en besprinkel met amandels. Sit voor met diabetiese roomys of laevet-vla.

Gebakte broodpoeding analise – (15 snye – 1 sny = 1 porsie)
Energie – 354 kj
Koolhidrate – 11 g
Proteien – 4 g
Vet – 4 g
Vesadigde vet – 1,5 g
Mono-onversadigde vet – 1,4 g
Poli-oversadigde vet – 0,3 g
Cholesterol – 47 mg
Glukemiese lading (GL) – 5,5