Foto's deur Micky Hoyle

Gebak

Gebakte croissantpoeding

(4 – 6 PORSIES)

  • 6 croissants
  • 90 ml (6 eetlepels) aarbeikonfyt
  • 500 ml melk
  • 3 eiers
  • sowat 50 g gevlokte amandels
  1. Verhit oond tot 180 °C. Sny elke croissant in die helfte. Smeer aarbeikonfyt op – omtrent ’n eetlepel per croissant.
Stap 1

Stap 1

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

2. Smeer ’n oondbak met ’n bietjie botter en pak die gesmeerde croissants daarin.

Stap 2

Stap 2

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

3. Klits die melk en eiers goed saam. Gooi eiermengsel oor croissants. Dit moet lekker in die croissants intrek.

Stap 3

Stap 3

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

4. Sprinkel amandels oor en plaas in warm oond. Bak vir 50 minute. Haal uit en sit warm voor.

Stap 4

Stap 4