sk0812bessies08
Gebak

Gebakte framboos-vla

(4 porsies)

  • 350 g bevrore frambose, ontdooi
  • 84 g (100 ml) strooisuiker
  • 5 eiergele
  • 500 ml room
  • 250 ml room, styfgeklop
  • frambose en kruisement-blare om te versier

Verhit jou oond tot 140 °C. Plaas die bessies, strooisuiker en eiergele saam in ’n voedselverwerker. Meng tot glad. Syg die mengsel deur ’n sif. Voeg die 500 ml room by en gooi die mengsel in koppies of bakkies. Plaas die bakkies in ’n oondbak en gooi kookwater tot halfpad teen die bakkies op. Bak vir 1 uur. Haal uit en laat afkoel. Skep van die geklopte room bo-op en versier met frambose. Rond af met ’n kruisement-blaar.

Onthou
As jy bevrore bessies gebruik, moet dit heeltemal ontdooi wees voor jy die eiergele byvoeg, anders sal die eiergele vries.