Micky Hoyle

Micky Hoyle

Gebak

Gebakte karringmelkpoeding

’n Ou gunsteling van baie mense. Onthou net, jy kan die suur van die karringmelk proe in die poeding.
Genoeg vir 6

• 100 g (110 ml) botter, by kamertemperatuur
• 190 g (225 ml) strooisuiker
• 3 eiers
• 10 ml vanieljegeursel
• 140 g (250 ml) koekmeel
• 2 ml sout
• 2 liter karringmelk
• 50 g (60 ml) suiker
• 5 ml fyn kaneel

Verhit oond tot 180 °C. Plaas botter in bak van ’n elektriese menger en verwerk tot glad. Voeg suiker lepelsgewys by en meng tot lig en romerig. Klits eiers en geursel saam. Voeg by botter-ensuikermengsel en klits goed. Sif meel en sout saam. Voeg meel om die beurt met die karringmelk by botter-en-eiermengsel. Meng goed. Skep mengsel in ’n gesmeerde oondbraaibak van sowat 30 x 20 cm. Plaas in warm oond en bak 45 – 60 minute tot gestol in die middel. Meng suiker en kaneel saam in ’n bakkie. Haal poeding uit oond en sprinkel kaneelsuiker bo-op. Sit warm voor.