Gebak

Gebakte lemoenpoeding

(6 porsies)

Sous

  • 1 – 2 lemoene, in baie dun skywe gesny
  • 150 ml lemoensap
  • 100 g (125 ml) suiker

Verhit oond tot 180 °C. Spuit 6 ramekins (van 100 ml elk) met kleefwerende sproei. Plaas een dun lemoenskyfie in elkeen. Hou eenkant. Plaas lemoensap en suiker in ‘n kastrol. Verhit terwyl jy roer totdat suiker opgelos is. Laat kook vir sowat 15 – 20 minute tot dik. Haal van hitte af. Gooi sous bo-op lemoenskywe in ramekins. Hou eenkant.

  • 2 eiers
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 100 ml lemoensap
  • 160 g (190 ml) strooisuiker
  • 200 g (375 ml) koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 1 ml sout
  • 250 ml room
  • 1 vanieljepeul, sade uitgeskraap

Klits eiers, geursel en lemoensap saam. Sif suiker, koekmeel, bakpoeier en sout saam. Voeg by eiermengsel. Meng goed. Verdeel tussen ramekins. Plaas op ‘n bakplaat en bak vir 15 – 20 minute. Toets met ‘n dun pennetjie of dit gaar is. Haal uit en laat effens afkoel voordat jy dit uitkeer. Klop room styf en meng met vanieljesaadjies. Sit voor saam met die poedings.

Om te drink: ‘n glasie van die gewilde Franse lemoenlikeur Cointreau