Foto's deur Micky Hoyle

Diabeties

Gebakte ryspoeding met appelkoossous

(LEWER: 6 PORSIES + 120 ml SOUS)
PORSIEGROOTTE: ± 125 ml + 20 ml SOUS

  • 25 ml mielieblom
  • 30 ml suiker
  • 300 ml laevet-melk
  • 60 ml (80 g) appelkooskonfyt
  • 250 ml (140 g) gaar bruinrys
  • 2 groot eiers, geskei
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 1,25 ml amandelgeursel (opsioneel)
  • fyn kaneel of gerasperde neutmuskaat
  • 60 ml (80 g) appelkooskonfyt
  • 45 ml kookwater
  • 15 ml brandewyn (opsioneel)
  1. Verhit oond tot 180 °C.
  2. Meng mielieblom en suiker en roer van die melk daarby om ’n gladde pastate vorm. Verhit res van melk tot kookpunt en giet mielieblompasta in ’n dun straaltjie by kokende melk terwyl dit vir 1 – 2 minute voortdurend gekook en geroer word. Roer appelkooskonfyt en bruinrys by gaar melkpap en haal van stoofplaat af.
  3. Klits eierwit styf en hou eenkant. Klits eiergeel en roer van die warm rysmengsel by eiergeel en giet terug in kastrol. Voeg geursel by en vou eierwit by rysmengsel in.
  4. Skep rysmengsel in gesmeerde oondskottel en strooi kaneel of neutmuskaat bo-oor. Plaas oondskottel in ’n groter oondpan met kookwater.
  5. Bak vir 25 – 30 minute tot gaar en gepof en laat ryspoeding in die waterbad tot louwarm afkoel.
  6. Berei intussen die sous deur appelkooskonfyt en kookwater tot glad te meng en brandewyn by te voeg.

WENKE

  • By stap 4 kan jy die rysmengsel in 6 gesmeerde ramekin-bakkies skep om individuele porsies te bak. Baktyd is dan ± 20 minute.