Foto's deur Donna Lewis

6 uur tuis, eet half 7

Gebakte sampioene met kaas en aspersies

(6 porsies)

25 minute

  • 6 snye brood, gekrummel
  • 2 sirkels feta-kaas, gekrummel
  • 80 ml sagte botter
  • 15 ml tiemie, gekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 12 groot bruinsampioene
  • 45 olyfolie
  • 125 g aspersies, in kookwater gedompel
  • 100 g gemengde slaaiblare

Verhit oond tot 180 °C. Meng broodkrummels, feta, botter en tiemie. Geur goed met sout en swartpeper. Plaas sampioene op bakplaat. Skep lepels vol van broodmengsel bo-op elke sampioen. Plaas in oond en bak vir 15 – 20 minute of tot goudbruin. Verhit olyfolie tot warm in braaipan en voeg aspersies by. Braai vinnig vir 2 minute. Geur goed. Sit warm aspersies saam met gaar sampioene en slaai voor.

wenk: Gee die sampioene meer substansie deur fyngekapte spek of ham by die broodmengsel te sit.