sarie_0035
Bykos

Gebraaide appels

(6 porsies)

  • 6 appels, in kwarte gesny (pitte en al)
  • 60 g (60 ml) botter

Smelt die botter in ’n pan. Voeg die appels by en braai vir sowat 10 minute tot hulle sag en bruin is.

Om te drink
Omdat varkvleis, waarby gebraaide appels so lekker is, as witvleis beskou word, verkies baie mense ’n witwyn daarby. Probeer Durbanville Hills se Rhinofields Chardonnay. Indien jy ’n rooiwyn verkies, kies gerus Durbanville Hills se delikate Rhinofields Merlot.