Donna Lewis

Donna Lewis

Gebak

Gebraaide ravioli op stokkies

Koop by die winkel klaargemaakte ravioli met verskillende vulsels. Ryg op
stokkies en braai bros in olie. Maklik!
genoeg vir 6
• 3 soorte winkel-ravioli van jou keuse
(bv. vleis-, kaas- en groentevulsel)
• 25 hout-kebabstokkies
• olie vir diepbraai
• mayonnaise, vir voorsit

Ryg 3 ravioli’s op elke stokkie. Verhit olie
in middelslag-pot tot warm. Diepbraai
kebabs vir 3 – 5 minute of tot goudbruin
en gaar. Dreineer op kombuispapier en sit
voor met mayonnaise.