Foto's deur Micky Hoyle

Foto's deur Micky Hoyle

Gebak

Geglasuurde ham

  • 1 ham met vel bo-op (ek het ’n 4 kg-ham gebruik)
  • 2 wortels, in groot stukke gesny
  • 1 ui, gehalveer
  • 6 heel naeltjies
  • 2 lourierblare
  • 5 heel peperkorrels
  • naeltjies om in die kruisies te druk

1.Plaas die ham in ’n groot kastrol en bedek met koue water. Voeg al die ander bestanddele by en bring tot kookpunt op jou stoof. Die kooktyd hang af van hoeveel die ham weeg (kook 30 minute vir elke 500 g).

Stap 1

Stap 1

 

 

 

 

 

 

 

 

 

2. Verwyder die kastrol van die hitte wanneer jy jou verlangende kooktyd bereik het. Laat ham vir minstens ’n halfuur in die water afkoel. Haal die ham versigtig uit en trek die vel af.

Stap 2

Stap 2

 

 

 

 

 

 

 

 

3. Sny kruisies in die vet-gedeelte van die ham en druk ’n naeltjie in die middel van elke blokkie.

Stap 3

Stap 3

 

 

 

 

 

 

 

4. Sit die ham in n groot oondbak. Meng die bestanddele saam in n kastrol. Roer tot suiker opgelos is. Gooi die glanssous oor die ham en plaas ham in n oond wat verhit is tot 180°C. Bak ham vir 1 uur en bedruip dit elke nou en dan met die glanssous. Bedien ham warm of koud. Versier met vars kersies.

Stap 4

Stap 4

 

 

 

 

 

 

 

 

 Glasuursous

  • 250 ml appel- of lemoensap
  • 2 eetlepels bruinsuiker
  • 2 eetlepels heuning
  • 2 teelepels droë mosterdpoeier

Gooi die glanssous oor die ham en plaas in ’n oond teen 160 °C. Bak vir 1 uur en bedruip elke nou en dan met die glanssous. Sit warm of koud voor.