Foto deur Lee Malan

SARIE KOS APRIL/MEI 2013

Foto deur Lee Malan SARIE KOS APRIL/MEI 2013

Bykos

Gekrummelde portobellosampioene met taramasalata

Taramasalata is ʼn doopsous van viseiers. Die Grieke eet dit altyd op die eerste dag van Paasfees.
(Genoeg vir 4)
Gaarmaaktyd: 20 minute

  • 6 snye witbrood
  • skil van 2 suurlemoene
  • 30 ml gedroogde dille
  • paar takkies pietersielie
  • 50 g parmesaankaas, gerasper
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • sowat 12 portobello-sampioene
  • 250 ml (140 g) koekmeel
  • 4 eiers
  • 60 ml olyfolie
  • 125 g taramasalata – koop by deli-seksie in winkel
  • 1 suurlemoen, in wiggies gesny

Verhit oond tot 200 °C. Meng brood, suurlemoenskil, dille, pietersielie en parmesaankaas tot fyn in ’n voedselverwerker. Geur broodkrummels met sout en peper. Rol elke sampioen eers in die meel, dan in eier en laastens in gegeurde broodkrummels. Plaas op bakplaat, sprinkel met olyfolie en bak sowat 20 minute tot bros en bruin van kleur. Sit voor met taramasalata en suurlemoenwiggies.