Foto's deur Micky Hoyle & Donna Lewis

Foto's deur Micky Hoyle & Donna Lewis

Gebak

Gemmerbrood-mannetjies

Bak piepklein gemmerbroodmannetjies en maak ’n klein gaatjie in elkeen se kop. Ryg
’n toutjie deur en siedaar – perfek vir die Kersboom.

Sowat 50 klein mannetjies
met n uitdrukker van 5 X 5 cm

• 125 g (135 ml) botter
• 100 g (125 ml) bruinsuiker
• 1 eiergeel
• 350 g (625 ml) koekmeel
• 5 ml koeksoda
• 15 ml fyn gemmer
• 40 ml gouestroop

Verhit oond tot 180 ºC. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit. Room botter en bruinsuiker
met elektriese menger tot lig en romerig. Voeg eiergeel by en klits goed. Sif koekmeel,
koeksoda en gemmer saam. Voeg droë bestanddele en stroop geleidelik by bottermengsel. Meng goed ná elke byvoeging. Knie mengsel goed op werksoppervlak. Rol deeg uit tussen twee lae waspapier tot ongeveer 3 mm dik. Druk uit met ’n mannetjie-uitdrukker. Plaas koekies op die uitgevoerde bakplaat en bak vir 10 minute. Laat afkoel.