sk0812koekies08x
Gebak

Gemmerbroodmannetjies

(sowat 50 klein mannetjies met ’n uitdrukker van 5 x 5 cm)

  • 125 g (135 ml) botter
  • 100 g (125 ml) bruinsuiker
  • 1 eiergeel
  • 350 g (625 ml) koekmeel
  • 5 ml koeksoda
  • 15 ml fyn gemmer
  • 40 ml gouestroop

Verhit jou oond tot 180 ºC. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit. Room die botter en bruinsuiker met jou elektriese menger tot lig en romerig. Voeg die eiergeel by en klits goed. Sif die koekmeel, koeksoda en gemmer saam. Voeg die droë bestanddele en stroop geleidelik by die bottermengsel. Meng goed ná elke byvoeging. Knie die mengsel goed op jou werkoppervlak. Rol die deeg uit tussen twee lae waspapier tot ongeveer 3 mm dik. Druk uit met ’n mannetjie-uitdrukker. Plaas die koekies op die uitgevoerde bakplaat en bak vir 10 minute. Laat afkoel.