Foto's deur Micky Hoyle

Foto's deur Micky Hoyle

Gebak

Gepekelde knoffelhoender met franse brood

(6 porsies)

  • 125 ml sout
  • 125 ml suiker
  • genoeg water om hoender te bedek
  • 1 hoender, grootste wat jy kan kry.
  • 45 ml olyfolie
  • 40 knoffelhuisies, of meer
  • 1 ui, fyngekap
  • 4 groot geelwortels, in groterige skywe gesny
  • 4 witwortels, in groterige skywe gesny
  • seldery na smaak, opgesny
  • 250 ml droë witwyn
  • 2 takkies roosmaryn
  • 2 takkies tiemie
  • 3 lourierblare
  • varsgemaalde swartpeper
  • Franse brood, in skywe gesny en gerooster

Voeg sout en suiker by water en meng tot opgelos. Plaas hoender in die oplossing, en sorg dat die water die hoender heeltemal bedek deur ’n gewig bo-op te plaas. Laat oornag in yskas. Verwyder hoender uit oplossing en droog deeglik af. Die water kan weggegooi word. Verhit oond tot 180 °C. Verhit die olie in ’n kasserol, en verbruin die hoender aan alle kante. Haal kasserol van hitte, verwyder hoender, en pak knoffelhuisies, ui, geel- en witwortels en seldery onderin die kasserol. Voeg witwyn by. Plaas die hoender op hierdie heuglike bed, strooi die kruie en peper oor en maak die kasserol dig toe. Sit in oond, en vergeet dit vir minstens twee uur daar. Sit voor met rys en ander groente waarvoor jy lus is. Onthou om so ’n kwartier voor julle aansit, die Franse brood in skywe te sny en te rooster. Smeer die murg van die knoffelhuisies oor die brood en eet net so. Onvergeetlik lekker!

Wenk:
Hou die skil van die knoffel aan tydens die kookproses om te keer dat die geur te oorheersend raak.

  • Leticia

    Hallo LRC,gratulation zur perfekten vetausraltnng und wir freuen uns schon auf das ne4chste jahr, und auf das gute bier danach.Lg.bicyclebrothers