Gebak

Gerookte-sjokolade-en-kweperkoek

genoeg vir 1 groot koek

  • 250 ml houtskaafsels
  • 20 blokkies ys
  • 200 g donkersjokolade, fyngekap

Koek

  • 100 g botter, gesmelt
  • 1 x 200 g-boks klapperkoekies, fyngemaal
  • 6 ingelegde kwepers
  • 800 g roomkaas
  • 300 g crème fraîche
  • 180 g strooisuiker
  • 40 g koekmeel
  • 4 eiers
  • skil van 1 suurlemoen

Rook sjokolade Voer onderkant van ’n pot met foelie uit en sprinkel houtskaafsels bo-op. Plaas afkoelrakkie op skaafsels, plaas metaalbakkie met ys boop rakkie. Gooi fyngekapte sjokolade in kleiner porseleinbakkie wat binne-in bak met ys pas – dis die koue rookmetode. Sit deksel op pot sodat alles dig seël en plaas pot op matige hitte tot rook by deksel begin uittrek. Verwyder pot van plaat en laat rook vir 40 minute. Moenie pot voor die tyd oopmaak nie.

Maak koek Verhit oond tot 140 °C. Meng botter en koekies saam tot klam mengsel. Voer 30 cm-losboomkoekpan uit met bakpapier en spuit met kleefwerende kossproei. Gooi koekiemengsel in pan en druk stewig vas. Sny kwepers in kwarte en pak boop koekies. Plaas res van bestanddele in elektriese menger se bak en meng op hoë spoed tot gladde mengsel. Smelt gerookte sjokolade in porseleinbakkie oor pot met kookwater en gooi by mengsel. (Die bakkie moenie aan die water raak nie.) Meng goed. Gooi in kors en plaas in warm oond. Bak vir 60 minute of tot gestol soos jellie. Laat in yskas afkoel tot heeltemal gestol.