sk1006.bykos7
Bykos

Geroosterde aartappels

(5 porsies)

  • 10 middelslag-aartappels, geskil
  • 500 ml sonneblomolie
  • sout na smaak

Verhit oond tot 190 °C. Plaas die aartappels in ‘n kastrol met koue water. Bring tot kookpunt en laat kook vir 5 minute. Dreineer. Sodra aartappels koud genoeg is om aan te vat, krap dit met
‘n vurk. Gooi olie in ‘n oondbak en plaas in die oond vir minstens 15 minute tot baie lekker warm. Haal bak met olie versigtig uit oond en sit aartappels in die warm olie. Skep van die warm olie oor die aartappels en plaas terug in oond. Draai aartappels ná sowat 30 – 45 minute versigtig om. Oondrooster verder vir nog sowat 30 minute tot bros en goudbruin. Haal uit en dreineer op kombuispapier. Sprinkel sout oor en sit onmiddellik voor.