Foto deur Micky Hoyle

Gebak

Geroosterde botterskorsie-quesadillas

(4 porsies)
Verhit oond tot 180 °C. Skil 2 botterskorsies en sny in 1 cm-skywe. Plaas op bakplaat en sprinkel met 20 ml olyfolie. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Plaas in oond en oondbraai tot sag. Sny 300 g mozzarella-kaas in dun skywe. Gebruik 8 tortillas en plaas een op jou werkoppervlak. Pak so 3 skywe mozzarella-kaas bo-op en dan ’n laag botterskorsies. Krummel 4 sirkels fetakaas en sprinkel daarvan op die botterskorsie. Plaas nog so 2 skywe mozzarella-kaas bo-op en maak toe met nog ’n tortilla. Herhaal met res van bestanddele. Verhit ’n klein bietjie olyfolie in ’n pan en braai die quesadillas weerskante tot kaas gesmelt is. Sit warm voor.