sk0907winter07
Gebak

Geroosterde hoender-en-prei-pasteie

4 pasteie

• 1 heel hoender
• sap van 1 suurlemoen
• 100 ml Worcestersous
• 1 knoffelhuisie, fyngedruk
• 10 ml gemengde droë kruie
• sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
• 30 ml botter
• 4 preie, in skywe gesny
• 4 velle (400 g elk) blaardeeg
• 1 geklitste eier

Verhit oond tot 180 °C. Plaas hoender in ’n oondroosterbak. Gooi suurlemoensap en Worcestersous oor. Smeer hoender met knoffel en geur met droë kruie, sout en swartpeper. Rooster vir sowat 1½ uur tot gaar. Haal vleis van bene af. Smelt botter in ’n pan en braai preie tot sag. Meng hoendervleis met preie. Laat eers afkoel voor jy pasteie maak. Verhoog  temperatuur van oond tot 200 °C. Sny 4 deegsirkels van 10 cm groot. Skep van die vulsel bo-op deegsirkels. Hou so 2 cm deeg reg rondom oop. Sny 4 sirkels van 14 cm groot om bo-oor te plaas. Smeer rand van onderste deegsirkel met geklitste eier. Plaas boonste, groter deegsirkel bo-op en druk rande goed vas. Smeer met geklitste eier en plaas op gesmeerde bakplate. Bak vir sowat 35 – 40 minute. Sit voor saam met aartappelwiggies.

Om te drink
Chardonnay. Probeer Welmoed s’n. Dis vol in die mond, maar lig op die sak teen sowat R25 per bottel.