FOTO Micky Hoyle

Gebak

Geroosterde kwartels

• 15 ml botter
• 30 ml olyfolie
• 6 kwartels
• 3 vars tiemietakkies
• sap van 1 suurlemoen
• 5 ml knoffelpasta
• sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit oond tot 180 °C. Verhit botter en olyfolie in diep pan. Braai kwartels oraloor tot bruin. Voeg tiemie, suurlemoensap en knoffelpasta by. Geur met sout en peper. Maak pan toe met deksel en plaas in warm oond vir 1½ uur tot kwartels sag en gaar is. Garneer met vars tiemietakkies en sit voor met suurlemoenwiggies.