Micky Hoyle

Micky Hoyle

Gebak

Geroosterde pynappel met brandrissie

  • 2 pynappels, in skywe gesny
  • 5 ml droë brandrissievlokkies
  • 40 ml heuning
  • laevet- Bulgaarse jogurt om voor te sit
  • sowat 40 ml pampoenpitte

Verhit oond tot 180 °C. Plaas die pynappelskywe in ’n oondbak. Sprinkel die brandrissievlokkies oor, gooi heuning oor en bak in warm oond vir sowat 15 minute. Skakel daarna die oondroosterelement aan en rooster vir 5 minute. Sit voor met Bulgaarse jogurt en pampoenpitte.