sk0912sesuur16
Gebak

Geroosterde sampioene

(4 porsies)

  • 1 knoffelhuisie, fyngedruk
  • 100 g bloukaas, gekrummel
  • 8 groot sampioene
  • varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 40 ml olyfolie
  • 200 g aspersies
  • 200 g rosa-tamaties, gehalveer

Verhit oond tot 180 °C. Meng knoffel en bloukaas. Vul elke sampioen met mengsel. Geur met swartpeper. Plaas in oondroosterbak met ‘n bietjie olyfolie onderin en sprinkel res van olyfolie oor.
Rooster vir sowat 15 minute in oond. Dompel intussen aspersies vir sowat 5 minute in kookwater. Dreineer. Sit sampioene warm voor met rosa-tamaties, aspersies en brood van jou keuse.