sk1012vleis2
Gebak

Geroosterde varknek

(6 – 8 porsies)

  • 30 ml olyfolie
  • 30 ml fyngekapte vars salieblare
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 15 ml tamatiepasta
  • 1 kg ontbeende varknek
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 250 g repiespek (streaky)
  • 15 ml olyfolie
  • 125 ml witwyn
  • 125 ml hoenderaftreksel

Verhit oond tot 130 °C. Meng olyfolie, salieblare, knoffel en tamatiepasta saam. Geur varknek met sout en peper. Smeer tamatiepasta-mengsel om die vleis. Draai nek toe met spek en bind spek vas met tou. Verhit 15 ml olyfolie in ‘n oondroosterpan op stoof. Braai nek rondom tot effens bruin. Voeg wyn en aftreksel by en bring tot kookpunt. Maak bak toe met tinfoelie en bak vir 3½ uur. Haal foelie af en rooster vir 30 minute. Haal uit oond en laat afkoel tot kamertemperatuur. Garneer met vars salieblare en sit voor met korrelmosterd.

Om te drink

‘n sappige merlot of riesling as jy witwyn verkies

  • selomie gerber

    wonderlik groot resepversamelaar vanaf 1978