Bykos

Gesonde broodjies

(6 Muffin-broodjies)

  • 50 g (125 ml) spysverteringsemels (digestive bran)
  • 45 g (50 ml) sonneblomsaad
  • 130 g (200 ml) gerolde koring
  • 210 g (375 ml) volkoringmeel
  • 140 g (250 ml) koekmeel
  • 20 ml bruinsuiker
  • 5 ml koeksoda
  • 3 ml sout
  • 500 ml karringmelk
  • 125 ml melk
  • 90 ml pampoenpitte, om oor te sprinkel

Verhit jou oond tot 180 °C. Meng al die droë bestanddele (behalwe die pampoenpitte) goed saam. Voeg die karringmelk en melk by en meng goed. Skep in ses groot gesmeerde muffinpanne en sprinkel die pampoenpitte oor. Bak vir 45 – 60 minute. Druk ’n dun pennetjie in om seker te maak die broodjies is gaar.