sk0907makover02
Gebak

Gesonder heuningkoekpoeding

6 – 12 porsies

Porsiegrootte: 1 skep

  • 50 g suiker
  • 120 g koekmeel
  • knippie sout
  • 50 g botter
  • 125 ml melk
  • 125 ml gouestroop
  • 10 ml bruinasyn
  • 5 ml koeksoda
  • 2 groot eiers, geklits
  • 5 ml vanielje- of karamelgeursel

Verhit oond tot 180 ˚C. Sif suiker, meel en sout saam.Verhit botter en melk oor lae hitte totdat botter gesmelt is. Roer gouestroop by en laat afkoel tot louwarm. Roer asyn en koeksoda by. Roer melkmengsel, geklitste eiers en geursel by meelmengsel tot glad. Giet beslag in ’n gesmeerde oondskottel van 22 x 22 x 8 cm en bak vir 35 – 40 minute tot goudbruin en gaar.

VOORSTEL

Sit voor met vlasous gemaak van laevetmelk, of met laekilojoule-roomys of vanieljegeur-laevet-jogurt.