Gebak

Gevulde bagels

4 porsies

  • 30 ml botter
  • 500 g sampioene, in skywe gesny
  • sout en varsgemaaldeswartpeper na smaak
  • 4 bagels
  • groot hand vol vars roket
  • 1 rooi-ui, in skywe gesny
  • 2 x 125 g brie-kaas, inskywe gesny

Verhit oond tot 180 °C. Smelt botter in ’n pan en braai sampioene tot sag. Geur met sout en swartpeper. Plaas bagels vir 5 minute in oond. Sny warm bagels oop en plaas vars roket op die onderste helfte. Pak uieringe bo-op roket en skep gebraaide sampioene bo-op. Plaas so 2 snye brie-kaas bo-op alles en maak toe met ander helfte van bagel.