sk090106hr_tuis04
Gebak

Gevulde botterskorsie

4 porsies

  • 4 botterskorsies,gehalveer en pitte verwyder
  • 30 ml olyfolie
  • 300 g baba-spinasieblare
  • sout en varsgemaaldeswartpeper na smaak
  • sap van halwe suurlemoen
  • 250 g fetakaas,gekrummel

Verhit oond tot 180 °C. Sny die lang gedeeltes van botterskorsies af. Plaas uitgeholde bol-gedeeltes op ’n bakplaat en gooi olyfolie oor. Bak vir 20 minute tot sag. Skil intussen die afgesnyde deel en sny in klein blokkies. Verhit nog olyfolie in ’n pan en braai blokkies tot sag − so 10 minute. Voeg spinasie by en roer versigtig tot verwelk. Geur met sout en swartpeper. Haal van hitte af en voeg suurlemoensap en kaas by. Haal botterskorsies uit oond en vul. Plaas onder die roosterelement tot kaas gesmelt is.