Foto's deur Micky Hoyle

Foto's deur Micky Hoyle

Bykos

Gevulde eiervrug

  • 5 groot eiervrugte
  • 40 ml olyfolie
  • 2 uie, fyngekap
  • 300 g rosa-tamaties, gehalveer
  • 20 g pietersielie, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 5 heel tamaties, in skywe gesny
  • vars basiliekruid

Verhit oond tot 180 °C. Sny elke eiervrug in die lengte in die helfte. Sny met ‘n klein messie die sagte deel van die eiervrug uit en sny die uitgeskepte vlees in klein blokkies. Hou die gesnyde eiervrugte in ‘n groot bak soutwater. Verhit olyfolie in kastrol. Braai uie tot sag en deurskynend. Voeg rosatamaties en eiervrug-blokkies by en braai tot sag. Voeg pietersielie by en geur met
sout en peper. Pak eiervrughelftes in ‘n groot oondbak en skep vulsel in eiervrugte. Plaas twee skywe tamatie bo-op elke eiervrug. Gooi kookwater in bak, so 2 cm diep. Plaas in oond en bak vir 1 uur. Haal uit en laat effens afkoel voor jy dit uit die bak haal. Laat afkoel tot kamertemperatuur. Garneer met vars basilieblare.