Foto's deur Micky Hoyle

Gebak

Gevulde groen soetrissies

(5 porsies)

  • 5 groen soetrissies
  • 250 ml koeskoes
  • 250 ml kookwater
  • 15 ml olyfolie
  • 200 g Italiaanse swart olywe
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • hand vol vars basiliekruid, grofgebreek
  • 6 sprietuie, gekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • sowat 60 ml olyfolie

Verhit oond tot 180 °C. Halveer soetrissies en verwyder die pitte. Gooi koeskoes in kastrol en gooi kookwater en olyfolie in. Roer met vurk en sit deksel op. Laat staan tot koeskoes geswel en sag is. Geur met sout en peper. Ontpit olywe en sny in growwe stukke. Voeg olywe, knoffel, basiliekruid en sprietuie by koeskoes. Geur met sout en peper. Plaas soetrissies in oondbak en skep koeskoes in. Gooi die 60 ml olyfolie oor die soetrissies. Gooi kookwater in oondbak tot so 2 cm diep. Die soetrissies word in die water gebak. Plaas in warm oond vir sowat 30 – 35 minute tot soetrissies sag is. Laat effens afkoel voor jy dit uithaal. Jy kan net voor etenstyd nog ‘n bietjie olyfolie oorgooi.

Om te drink:
Sauvignon blanc is ‘n natuurlike pasmaat vir groen soetrissies. Indien jy ‘n vrugtiger wyn verkies, kan jy ‘n riesling daarby geniet.