sk08_4summerfields04
Gebak

Gevulde hoenderborsies

(2 porsies)

Pesto

  • 1 liter vars basiliekruidblare, geskeur
  • 500 ml rooi roosblare
  • 60 g dennepitte
  • 5 ml sout
  • 120 g pecorino-kaas, gerasper
  • 20 ml rooswater
  • 100 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 2 hoenderborsies met vlerkies aan

Basiliekruid-sous

  • 400 ml room
  • 100 g basiliekruid-pesto
  • 20 g groente-aftreksel
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Plaas al die pesto-bestanddele, behalwe die olyfolie, in ’n versapper. Skakel aan en voeg die olie in ’n dun straaltjie by tot alles goed gemeng is. Geur met sout en swartpeper. Verhit jou oond tot 180 °C. Maak ’n opening in die vleis van die hoenderborsies. Vul met die pesto. Maak die opening toe met ’n tandestokkie. Plaas die hoenderborsies op ’n bakplaat in die warm oond. Rooster tot goudbruin en gaar. Dit sal so 30 – 35 minute neem. Plaas al die bestanddele vir die basiliekruid-sous in ’n pan. Bring tot kookpunt en laat afkook tot die helfte. Bedien die borsies met die sous saam met koeskoes en pangebraaide groente.