sk08_4basil04_links_voor
Gebak

Gevulde ricotta-kaas-hoenderborsies

(6 porsies)

  • 500 g ricotta-kaas
  • 30 g basiliekruidblare, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 2 eiers, geklits
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 6 hoenderborsies met vel
  • sap van halwe suurlemoen
  • sowat 50 ml olyfolie

Verhit jou oond tot 180 °C. Meng die ricotta-kaas, basiliekruid, knoffel en eiers goed saam in ’n mengbak. Geur met sout en swartpeper. Sny die hoenderborsies van die been af. Maak ’n holtetjie oop tussen die vel en die vleis van elke borsie. Vul dit met die ricotta-vulsel. Vou die hoenderborsies sodat die twee punte bymekaar uitkom en pak hulle styf teen mekaar in ’n oondbak – dan behou hulle die ronde, ingevoude vorm. Gooi die suurlemoensap en olyfolie oor en geur met sout en swartpeper. Bak in die oond vir sowat 40 minute. Jy kan dit warm óf koud bedien.

 

Om te drink
Delheim Pinotage Rosé is ’n effe droë wyn, met 10% muskaat in die versnit. Dit sorg vir ’n verleidelike blomgeur: die perfekte lente-wyn saam met hoender.