Foto's deur Micky Hoyle

Gebak

Gevulde sampioene

4 porsies
Verhit oond tot 180 °C. Sny 200 g klein rosa-tamaties in klein blokkies. Gooi in ’n bakkie en geur met sout en peper. Voeg handvol gekapte, vars basiliekruidblare en 100 g gerasperde pecorino-kaas by. Meng goed deur. Plaas 8 groot bruinsampioene op ’n bakplaat en vul met vulsel. Sprinkel sowat 30 ml olyfolie oor en geur weer met varsgemaalde swartpeper. Plaas in oond vir sowat 15 – 20 minute. Garneer met vars basiliekruidblare.