Foto deur Donna Lewis

SARIE KOS OKT/NOV 2012

Foto deur Donna Lewis SARIE KOS OKT/NOV 2012

Gebak

Gevulde varklendestuk

Resep deur Annerien Vermeulen

Die smake wat jou mond vul as jy hierdie vark eet, is onbesktyflik. Jy sou dink daar is ʼn sous nodig by hierdie gereg, maar glo my, daar is genoeg smake en vogtigheid in die vleis. 

Genoeg vir 10 – 12 mense

  • 1,6 kg varklendestuk
  • sout en peper

Vulsel

  • 15 ml olyfolie
  • 4 sjalotte of 2 uie, in skywe gesny
  • 15 ml balsemasyn
  • 80 ml gedroogde bosbessies
  • 2 ml varsgemaalde swartpeper
  • 80 ml vars lae-GI-witbroodkrummels
  • 45 ml gekapte pietersielie
  • fyngerasperde skil van 1 lemoen

Glasuursel

  • 30 ml heelkorrel-Dijon-mosterd
  • 30 ml heuning
  • 2,5 ml soutvlokkies
  • 2 ml varsgemaalde swartpeper

Vra die slagter om die varklendestuk in ’n rol te sny en te ontbeen, en snitte in die laag varkvet te maak. As jy verkies, kan jy hom vra om alle vet te verwyder. Geur binnekant met sout en peper en rol op. Verhit oond tot 190 °C. Verhit die olie en soteer die uie tot diepbruin en sag – ongeveer 20 minute. Voeg die asyn, bosbessies en peper by en kook nog 5 minute. Verwyder van die hitte. Roer die broodkrummels, pietersielie en lemoenskil by. Hou die vulsel eenkant. Rol nou die lendestuk oop. Skep die vulsel oor en versprei eweredig. Rol die lendestuk op en bind vas met tou of met slagtersnet. Geur die buitekant met sout en peper. Sit in oondbraaibak. Meng die mosterd, heuning, sout en peper en smeer bo-oor die rol. Oondbraai ongeveer 1 tot 1¼ uur of tot die interne temperatuur van die vleis 70 °C is. Verhit oondrooster en bak vel tot bros en goudbruin. Haal uit oond, bedek met foelie en laat rus 10 minute. Sny in skywe en sit voor.