Lee Malan

Lee Malan

Gebak

Grenadella-koekies

Genoeg vir sowat 16

• 175 g (190 ml) sagte botter
• 115 g (220 ml) versiersuiker
• skil van 1 nartjie
• 265 g (475 ml) koekmeel
• 35 g (55 ml) mielieblom (cornflour)
• 80 ml grenadella-moes

VULSEL
• 125 g (135 ml) sagte botter
• 200 g (385 ml) versiersuiker
• 60 ml grenadella-moes

Verhit oond tot 180 °C. Room botter, suiker en nartjieskil met ’n
elektriese menger tot lig en romerig in ’n middelslag-mengbak. Voeg meel,
mielieblom en grenadella by en meng tot ’n sagte deeg.Draai in kleefplastiek
toe en laat rus in yskas vir 25 minute. Strooi dun lagie meel op werkvlak. Rol
koue deeg met koekroller uit tot sowat 5 mm dik. Gebruik vierkantige 5 cmkoekiedrukker
met kartelrand en sny 40 koekies uit. Voer ’n bakplaat met
bakpapier uit en spuit met kleefwerende kossproei. Plaas koekies op bakplaat
en bak vir 10 – 12 minute of tot gaar. Laat afkoel. Vulsel Klits botter met
elektriese klitser tot lig en romerig. Voeg versiersuiker by en meng goed.
Meng grenadella-moes by. Skep lepels vol vulsel op helfte van die koekies en
plak toe met ander helfte.