sk1010vrugte2
Gebak

Grenadella-kolwyntjies

(12 kolwyntjies)

  • 125 g (135 ml) sagte botter
  • 145 g (175 ml) strooisuiker
  • 3 eiers
  • gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • 2 blikkies (115 g elk) grenadellas
  • 125 ml Bulgaarse jogurt
  • 140 g (250 ml) koekmeel
  • 5 ml bakpoeier

versiersel

  • 1 x basiese vanieljeversiersel (basiese versiersel)
  • 6 vars grenadellas of 1 blik (115 g) grenadellapulp

Verhit oond tot 160 ºC. Voer kolwyntjiepannetjies met papierhouers uit en spuit goed met kleefwerende sproei. Klits die botter en suiker saam in ‘n elektriese menger tot lig en romerig. Voeg die eiers en suurlemoenskil by en klits goed. Voeg grenadellas en jogurt by. Sif droë bestanddele saam en vou in die eiermengsel. Verdeel mengsel tussen die kolwyntjiepannetjies. Plaas in warmoond en bak vir sowat 20 minute. Haal uit en laat afkoel voor jy dit versier. Spuit versiersel op kolwyntjies met ‘n spuitsak. Skep grenadellapulp oor.