Foto's deur Micky Hoyle

Diabeties

Griekse Pizzas

(GENOEG VIR 4)

  • 30 ml olyfolie
  • 250 g maer beesmaalvleis
  • 1 ui, gekap
  • 15 ml tamatiepuree
  • 200 ml van blikkie gekapte tamaties met kruie
  • 1 takkie vars roosmaryn, fyngekap
  • 4 mini-pitabrode (verkieslik bruin/volgraan)
  • 125 ml gerasperde mozzarella-kaas
  • 125 ml gekapte spinasie
  • 1 tamatie, gekap
  • 80 ml laevet-fetakaas, in stukke gebreek
  • 12 olywe (opsioneel)
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 200 °C. Verhit die olie in ’n pan en braai die maalvleis en ui tot gaar. Roer tamatiepuree, gekapte tamaties en roosmaryn by die vleismengsel in en geur met sout en peper. Kook nog 5 minute. Sny die pitabrode oop en pak die pitahelftes, growwe deel na bo, op ’n groot bakplaat. Bak 2 – 3 minute tot ligbruin. Verdeel maalvleismengsel tussen die pitahelftes en sprinkel die mozzarella-kaas op. Bak nog 2 – 3 minute of tot kaas gesmelt is. Sodra pizzas uit oond kom, sprinkel spinasie, tamatie, feta en olywe op. Geur met sout en peper en sit dadelik voor.