kelloggs promo
Gebak

Groente-quiche

Lus vir iets ligs en maklik? Probeer hierdie quiche – die geheim is die kors, dis ’n trio van Kellogg’s. 

kelloggstag

genoeg vir 8

Kors 

• 250 ml Kellogg’s Special K, fyngemaal
• 250 ml Kellogg’s Corn Flakes, fyngemaal
• 250 ml Kellogg’s All-Bran, fyngemaal
• 250 ml sterk cheddarkaas, gerasper
• 100 ml gesmelte botter
• 1 eier

Vulsel

• 30 ml olyfolie
• 1 rooi soetrissie, ontpit en blokkies gesny
• 8 murgpampoentjies, gesny

Vlamengsel

• 250 ml romerige jogurt
• 2 eiers
• 1 eiergeel
• sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
• 250 ml mozarella-kaas, gerasper

Verhit oond tot 180 ˚C.

Kors Meng al die korsbestanddele. Spuit 20 x 15 cm-losboom-quiche-pan met kleefwerende kossproei. Gebruik vingerpunte en druk die korsmengsel in die pan tot eweredig bedek. Vulsel Verhit olyfolie tot warm in braaipan. Roerbraai groente vir 5 – 8 minute tot groente gaar maar nie pap nie is.

Vla-mengsel Meng vla-bestanddele en gooi in pan wat met korsdeeg uitgevoer is. Pak groente bo-op vla-mengsel. Geur goed met sout en peper. Bak vir 20 – 25 minute of tot goudbruin en gaar. Laat afkoel tot louwarm en sit voor.

kellogg's SYG logo
JY KAN WEN

Daar’s verskillende maniere waarop jy jou dag reg kan begin. Ons wil weet hoe jy jou en jou gesin wakker en gereed vir die dag kry. Hoe kikker jy jou ontbyttafel op? Laai jou resep op www.shakeupyourwakeup.co.za en kry toegang tot ander Kellogg’s-aanhangers se resepte.

Tot November sal vier mense se lekker resepte met ’n geskenkbewys van R1 000 elk beloon word.

Lees meer oor Kellogg’s se Shake up your wake up-veldtog HIER.

SHakeUp-Digitorial1