Foto deur Mickey Hoyle
SARIE KOS OKT/NOV 2013

Foto deur Mickey Hoyle SARIE KOS OKT/NOV 2013

Gebak

Groente-samoesas

Hierdie groentes maak saam ’n klassieke vulsel vir ’n samoesa.

Vulsel genoeg vir sowat 40 – 50

• 2 aartappels, geskil
• 30 ml sonneblomolie
• 2 uie, gehalveer en in skywe gesny
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 5 ml borrie
• 15 ml garam masala
• 250 g wortelrepies
• 500 ml bevrore ertjies
• 10 ml groen brandrissie, fyngekap
• sowat 60 ml kookwater
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 1 pak samoesa-deeg

Plaas aartappels in ’n kastrol en bedek met water. Bring tot kookpunt en kook tot sag. Dreineer, laat afkoel en sny in klein blokkies. Hou eenkant. Verhit olie in diep pan. Voeg uie en knoffel by en braai tot sag en deurskynend. Voeg borrie en masala by. Braai sowat 3 minute. Voeg wortels by en braai tot wortels net sag is. Voeg ertjies, brandrissie en water by. Geur met sout en peper. Braai tot ertjies ontdooi en sag is. Voeg aartappelblokkies by en meng goed deur. Laat heeltemal koud word voor jy die samoesas vou en diepbraai