Gebak

Grondboontjie-en-karamel-kaaskoektert

(twee langwerpige kaaskoekterte van 9,5 x 33 cm)

Verhit oond tot 180 °C. Gebruik die volledige korsresep en voer 2 langwerpige losboom-quichepanne daarmee uit.(romerige gebakte kaaskoek)
Vulsel: Gebruik gehalveerde resep (sien kaaskoekterte) en voeg 75 ml grondboontjiebotter (glad of grof, soos verkies) ná die room by. Meng goed. Plaas quiche-panne op ‘n bakplaat en vul. Skep 45 ml karamelsous (sien bl. 66) bo-op. Bak vir 15 minute en draai temperatuur af na 120 °C. Bak vir nog 45 minute en haal uit. Laat afkoel.