sk0812koekies03
Gebak

Grondboontjie-karamelblokkies

(sowat 12 blokkies)

  • 125 g (135 ml) botter
  • 100 g (125 ml) suiker
  • 1 eiergeel
  • 140 g (250 ml) koekmeel
  • 35 g (62 ml) bruismeel
  • 30 ml vlapoeier
  • 1 ml sout

Bolaag

  • 100 g (125 ml) bruinsuiker
  • 15 ml gouestroop
  • 90 g (100 ml) botter
  • 125 g ongesoute grondboontjies, grofgekap

Verhit jou oond tot 180 ºC. Room die botter en suiker saam tot lig en romerig. Voeg die eiergeel by en klits goed. Sif die koekmeel, bruismeel, vlapoeier en sout saam. Voeg by die bottermengsel en meng goed tot ’n stywe deeg. Druk die deeg in ’n gesmeerde bakplaat van 30 x 20 cm. Bak vir 15 minute. Haal uit. Berei die bolaag soos volg: Plaas die bruinsuiker, gouestroop en botter in ’n kastrol en smelt alles saam oor lae hitte. Roer tot die botter en suiker gesmelt is. Laat prut vir 5 minute. Voeg die grofgekapte grondboontjies by. Smeer die bolaag bo-op die gebakte koekies. Sit terug in die oond en bak verder vir 5 minute. Haal uit en laat in die pan afkoel. Sny in blokke.