Foto's deur Micky Hoyle & Donna Lewis

Foto's deur Micky Hoyle & Donna Lewis

Gebak

Grondboontjie-karamelblokkies

Almal wat van grondboontjies hou, sal dié koekies onweerstaanbaar vind.

Sowat 12 blokkies
• 125 g (135 ml) botter
• 100 g (125 ml) suiker
• 1 eiergeel
• 140 g (250 ml) koekmeel
• 35 g (62 ml) bruismeel
• 30 ml vlapoeier
• 1 ml sout

Bolaag
• 100 g (125 ml) bruinsuiker
• 15 ml gouestroop
• 90 g (100 ml) botter
• 125 g ongesoute grondboontjies, grofgekap

Verhit oond tot 180 ºC. Room botter en suiker saam tot lig en romerig. Voeg eiergeel by en klits goed. Sif koekmeel, bruismeel, vlapoeier en sout saam. Voeg by bottermengsel
en meng goed tot ’n stywe deeg. Druk deeg in gesmeerde bakplaat van 30 x 20 cm. Bak vir 15 minute. Haal uit. Bolaag Plaas bruinsuiker, gouestroop en botter in ’n kastrol en smelt alles saam oor lae hitte. Roer tot botter en suiker gesmelt is. Laat prut vir 5 minute. Voeg grofgekapte grondboontjies by. Smeer bolaag bo-op die gebakte koekies. Sit terug in die oond en bak verder vir 5 minute. Haal uit en laat in die pan afkoel. Sny in blokke.