Foto's deur Donna Lewis

Gebak

Grondboontjiebotter-koekies

(sowat 30 koekies)

  • 170 g botter
  • 200 g (250 ml) bruinsuiker
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 1 eier
  • 285 g grondboontjiebotter
  • 260 g (465 ml) koekmeel
  • 5 ml koeksoda

Verhit oond tot 180 °C. Room botter, bruinsuiker en vanielje met ‘n elektriese menger tot lig en romerig.Voeg eier en 185 g grondboontjiebotter by en meng goed. Voeg meel en koeksoda by. Meng tot ‘n sagte koekiedeeg.Rol in klein balletjies van sowat 25 g elk. Voer ‘n bakplaat met bakpapier uit en spuit met kleefwerende sproei. Sit koekies op bakplaat, sowat 2 cm tussen elkeen. Druk effens plat met vingers tot sowat 5 mm dik.Smeer ‘n bietjie van res van grondboontjiebotter op elke koekie. Bak vir 12 -15 minute of tot goudbruin. Laat afkoel en bêre in lugdigte houers.