Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS APRILMEI

Gebak

Grondboontjiebotter-sjokoladekoekies

Dié manier van koekies bak is vir my die beste. Jy maak ʼn lang rol deeg en sny dit dan in skywe.
(sowat 26 koekies)

  • 25 g (27 ml) botter
  • 100 g gladde grondboontjiebotter
  • 200 g (250 ml) bruinsuiker
  • 1 eier, geklits
  • 2 ml vanieljegeursel
  • 240 g (430 ml) koekmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • 1 ml sout
  • 75 ml melk
  • 100 g 70%-donkersjokolade
  • 200 g grondboontjieblokkies

Verroom botter en grondboontjiebotter saam in elektriese menger se bak. voeg suiker geleidelik by en meng goed ná elke byvoeging. voeg eier en vanielje by en meng goed. sif droë bestanddele saam in mengbak. voeg by grondboontjiebottermengsel saam met melk en meng goed tot deeg vorm. Plaas deeg op meelbestrooide oppervlak en vorm ’n lang rol met deursnee van sowat 5 cm. maak toe met kleefplastiek en plaas in yskas vir 1 uur. verhit oond tot 180 °c. Haal deeg uit yskas en sny in sowat 1 cm-skywe. Plaas koekies so 2 cm uitmekaar op ’n uitgevoerde bakplaat en plaas in oond. Bak vir 20 minute. Haal uit en laat afkoel op afkoelrakke. Bring ’n kastrol met water tot kookpunt. Breek sjokolade in stukke en plaas in bak wat bo-op ’n kastrol sal pas. Die water moenie aan die bak raak nie. Draai die warm plaat onder die kastrol heeltemal af en laat sjokolade smelt. gooi grondboontjieblokkies uit op ’n bord. Doop die buitenste rand van koekies in sjokolade en rol dan in die grondboontjies. Plaas op bakplate wat uitgevoer is met bakpapier en laat sjokolade hard word.