Foto's deurMicky Hoyle

Foto's deurMicky Hoyle

Gebak

Groot appeltert

(8 PORSIES)

  • 2 velle (400 g elk) bevrore blaardeeg
  • 1 blik (765 g) onversoete appels
  • 90 ml (6 eetlepels) sagte bruinsuiker
  • 1 eier, geklits
  1. Verhit oond tot 180 °C. Ontdooi die blaardeeg, maar maak seker dis nie te pap nie. Voer ’n bakplaat uit met bakpapier en spuit met kleefwerende sproei. Plaas een vel blaardeeg bo-op die papier.
Stap 1

Stap 1

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

2. Meng appels en suiker in ’n mengbak.

Stap 2

Stap 2

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

3. Skep appels bo-op deeg en hou so 2 cm van die rande oop. Smeer die rand met die geklitste eier.

Stap 3

Stap 3

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

4. Plaas die tweede vel deeg bo-op. Druk die twee velle deeg goed teen mekaar vas. Verf die boonste laag deeg met geklitste eier. Plaas in warm oond vir 55 – 60 minute tot deeg gaar en bros is. Haal uit en sit voor saam met styfgeklitste room.

 

Stap 4

Stap 4